ANDER SE MENINGS
TUISLAND
Dis ’n verstommende, verruklike verhaal. Dié vrou kan skryf.
TUISLAND
Dit is onteenseglik een van dié Afrikaanse boeke van die jaar.
ONSE VADERS
Onse Vaders trek met ’n spoed weg wat die leser só aan die nek naderpluk dat daar nie tyd is vir neersit om ’n koppie koffie, of iets sterkers, saam met die karakters te drink nie … en lesers het daardie iets sterkers nodig!
PLAASMOORD
Bliksem van ’n boek. Karin Brynard het met ’n moerse donderslag die Afrikaanse letterkunde betree. Plaasmoord is dik, dis spannend en dit lees lekker. Ek het by tye my ander werk afgeskeep omdat ek nie kon wág om weer by haar karakters uit te kom nie.
Erkennings vir Onse Vaders:
ATKV Veertjie vir Prosa
Wenner
Beste Roman met Filmpotensiaal, M-Net
Wenner
Universiteit van Johannesburg vir Skeppende Skryfwerk
Huisgenoot gewildste skrywer
MNet Literêre Prys
NOG MENINGS: ONSE VADERS
Brynard se tweede speurroman met Beeslaar en Ghaap aan die stuur van sake. ‘n Uitsonderlik goeie speurroman – maar ook skryfwerk van die hoogste gehalte.
Maar met hierdie roman is Brynard bo alle twyfel nou gevestig as een van ons voorste speurverhaalskrywers. Haar bewonderaars sal nie teleurgesteld wees nie.
Die boek was die wag werd.
Erkennings vir Plaasmoord:
Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Skeppende Skryfwerk
Wenner
Woordfees, Stellenbosch 2010
Wenner: Beste Debuutroman saam met Bettina Wyngaard.
Beste Roman met Filmpotensiaal, M-Net
Wenner
Jan Rabie/Rapportprys vir Beste Debuut
M-Net Literêre Prys
ATKV-Veertjie vir beste spanningsverhaal
Top Tien boeke van Biblioteekvereniging Suid-Afrika
Bookseller’s Choice Award 2010
NOG MENINGS: PLAASMOORD
Dit is een van die kragtigste en skitterendste spanningsromans wat ek in jarrrre gelees het. Watter ontdekking op die fiksiefront!
En toe kom Karin Brynard se Plaasmoord, ’n boek van 510 bladsye, oortuigende karakteruitbeelding,oortuigende karakteruitbeelding, treffende sfeerskepping en met soveel insig geskryf dat mens soms voel dit sal ’n streng literêre beoordeling ook kan oorleef.
Beeslaar is een van die eerlikste, mees aardse karakters wat tot nog toe uit die groewe van Afrika gebore is. Nie sedert Chuck Palahniuk (Fight Club) het ’n skrywer so goed verstaan wat dit is om ’n man te wees nie.
RESENSIES VIR PLAASMOORD: