BIOGRAFIE

Vrystater van geboorte: Koffiefontein, om presies te wees. Daarna klein dorpies in die Karoo, Calvinia en Britstown en Postmasburg in die Noord-Kaap, tot matriek. BA-tale aan die Universiteit van Pretoria. Begin werk as vertaalster by die Departement van Gesondheid en Welsyn, daarna as joernalis by Oggendblad, Pretoria. Vanaf l984 – 86 politieke redaksie van Die Vaderland. Artikelredakteur by die tydskrif Insig – ook vryskutter vir publikasies De Kat, Rooi Rose, The Star en SAUK-programme. Van 1990 politieke korrespondent vir Rapport. Na ’94 weer vryskutter vir verskeie media. Getroud met Rien van Gils, woon en werk op Stellenbosch.