TUISLAND

Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie.

Op die rand van die Kgalagadi Oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-Boesmans in ’n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ‘n bynes vas. Die brutale aanval op ’n buitelandse toeris ontketen ’n rits gebeure wat ’n multimiljoenrandse projek vir die plaaslike Sangemeenskap kan verongeluk.

En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ’n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ’n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ’n doolhof van politiek, mites en moord moet sif.

Gelyktydig vermoor Kytie Rooi, skoonmaakster by ’n luukse gastehuis op Upington, een van die gaste en vlug die Kalahari in met ‘n vreemde straatkindjie aan die hand.

 

Met die blitsverkopers Plaasmoord en Onse Vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.

Gepubliseer deur Penguin.

Koop aanlyn by Takealot.com, loot.co.za, Amazon, Reader’s Warehouse.

Ook beskikbaar by alle toonaangewende boekwinkels, insluitend: Exclusive BooksWordsworthGraffiti.

banner5b

ONSE VADERS

'n Uitsonderlik goeie speurroman - maar ook skryfwerk van die hoogste gehalte.

ONSE VADERS

‘n Huisroof loop skeef in ‘n miljoenêrsbuurt van Stellenbosch. Die slagoffer, ‘n aantreklike rooikopvrou se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek na skool.

Kaptein Albertus Markus Beeslaar besoek dié pragtige Bolandse dorp van gewels, geld en wyn en word teen sy sin betrek. Saam met die formidabele Luitenant Vuyukazi ‘Vuvu’ Quebeca word elke kultuur- en geldklip in dié ‘fraai’ dorpie omgedop op soek na die moordenaar.

Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar, beland Sersant Johannes Ghaap in Soweto – ‘n lewensgevaarlike plek vir buitestaanders – soos Ghaap. Maar daar’s nie tyd om behoorlik ingebreek te raak nie, want Ghaap moet na ‘n vrou en haar kind gaan soek, wat in ‘n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word. In die proses moet hy ‘n bose sangoma aandurf, The Father. En ‘n man met so ‘n wrede reputasie dat die meeste mense glo hy is ‘n urban legend

Maar wie is hierdie ontvoerde vrou? En hoekom is haar oorlewing so belangrik vir die niksvermoedende Beeslaar in Stellenbosch?

Gepubliseer deur Human & Rousseau.

Koop aanlyn by Takealot.com, loot.co.zaAmazon.
Ook beskikbaar by alle toonaangewende boekwinkels, insluitend: Exclusive Books, WordsworthGraffiti, Bargain Books.

banner6

PLAASMOORD

"Broeiend, boeiend, briljant." Deon Meyr

PLAASMOORD

’n Plaasmoord raak almal in ’n gemeenskap soos hierdie. Almal. Die vrees, die wáár maak van ’n nagmerrie in hulle midde. Dis asof die kollektiewe vrees waarmee iedereen in sy of haar agterkop rondloop, skielik uit die skadu van die onderbewussyn opduik en voor jou kom staan.

Moord. Hoeveel mense in hierdie land kry nie daagliks so ’n tyding nie? Honderde? Sy’t iewers gelees daar’s ses en vyftig moorde per dag. En pláásmoord is die grootste nagmerrie van almal – ’n idilliese, landelike lewe wat onverwags, in afsondering en ver weg van hulp of bystand, wreed beëindig word.

Gepubliseer deur Human & Rousseau.

Koop aanlyn by Takealot.comloot.co.za, Amazon.
Ook beskikbaar by alle toonaangewende boekwinkels: Exclusive Books, WordsworthGraffiti, Bargain Books.