Karin Brynard

Agtergrond tot Onse Vaders
Die idee het ontstaan uit ‘n tydskrif-onderhoud wat ek moes doen met die vader van ‘n jongman wat daarvan aangekla is dat hy sy meisie vermoor het. Dit was ontroerend om te sien hoe diep getref hierdie vader was en hoeveel hy wou opoffer om sy seun te red. Dit het my laat wonder oor die hoë persentasie vaderlose gesinne in ons samelewing. Hoe affekteer dit die geweld wat ons in misdaad sien? En hoe belangrik die man en vader in ‘n gesonde samelewing is.

Ek wou ook meer weet oor motorkapings, wie pleeg dit en wat alles kan skeefloop tydens so ‘n misdaad. Dit het aanleiding gegee tot my middernagtelike ‘jag’ op gesteelde en gekaapte voertuie op pad na ‘chop shops’ in Soweto. Die maatskappy Tracker het my toestemming gegee om saam met sy dapper ‘ridders van die nag’ rond te ry – teen dikwels verblindende spoed – en selfs op ‘n kol vir die koeëls te koes.

Agtergrond tot Plaasmoord
Karin het op ‘n baie laat stadium in haar lewe begin skryf: Ek moes eers “rondloop en stories bymekaar maak”. Sy is ook glad nie spyt dat sy eers op ‘n lang en suksesvolle loopbaan in joernalistiek gefokus het nie, want sy het die geleentheid gehad om, onder meer, die vryheidstryd in Suid-Afrika tydens die apartheidsjare te dek.

Sy het van kleins af speur- en spanningsverhale, byvoorbeeld dié van Agatha Christie, gelees. Verder kon sy haar “vergaap aan mans se kapasiteit vir geweld – soos ‘n veer wat opgewen is”. Daarom het sy geweet dat as sy ooit haar hand aan fiksie sou probeer, sou dit in die spanningsgenre wees.

Die idee vir Plaasmoord het gekom ná sy ‘n rusie met haar suster gehad het. Sy het nagedink oor die band tussen susters en wat sou gebeur as die een in gewelddadige omstandighede moes sterf.

Die joernalis in haar wou ook ondersoek instel na plaasmoorde. “In daardie tyd was dit die ding wat my die meeste gegru het, om alleen op ‘n plaas te wees, uitgelewer aan mense wat wil vat wat hulle wil hê.” Ook die sosiaal-politieke omstandighede rakende die kwessie interesseer haar, sowel as die ekonomiese aspek van grondeise.

Brynard het heelwat navorsing oor grondeise en die geskiedenis van Griekwas gedoen. Sy het na Griekwaland-Wes gegaan, op plase gebly, met plaaswerkers en polisie gepraat en vergaderings van die Landbou Unie bygewoon. “Dit was die lekker deel,” sê sy. “Ek wens ek kon die navorsing doen en dan skryf die boek homself.”

Alhoewel haar joernalistieke agtergrond met die navorsing gehelp het, was dit ‘n hindernis vir haar skryfwerk. “Ek het jare lank gewerk aan die dissipline om nie goed uit my duim uit te suig nie, maar skielik moes ek dit vir 400 bladsye aaneen doen!”

Ten spyte van haar worsteling met die fiktiewe woord, is sy reeds besig met haar volgende roman en op dié stadium maak die speurder-inspekteur Albertus Beeslaar van Plaasmoord weer sy verskyning daarin.